Welkom by die webwerf van ds.Christo Botes se Kosbare Pêrel Woordskole.

Op die skakel MP3 Sessies kan u boodskappe en reeks boodskappe gratis aflaai. Klik net op die MP3 skakel en dit sal u neem na die blad waar die sessies is. Die boodskappe is in baie klein Mp3 formaat en indien u oor ‘n vinnige internet-aansluiting beskik, kan u dit teen ‘n baie vinnige spoed aflaai.

Woordskole is nie preke nie. Dit is ook nie Bybelstudies waardeur ons ons kennis van die Bybel opknap nie. Woordskole is indiepte ondersoeke na die openbaringswaarhede van die Skrifte.

Dit word altyd gedoen met die wete dat dit gepaard gaan met die bediening van die Gees in ons harte. Sodoende lei dit tot ‘n meer intieme verhouding met die Vader, en met die Seun en met die Heilige Gees.

U sal sonder twyfel by tye sprakeloos wees en nie kan glo wat aan u openbaar is in die bekendste Skrifte nie.

Die waarheid van Jesus Christus is so lieflik dat dit u net kan bring in lewensveranderende aanbidding.

Nuwe mp3 bpoodskappe bygevoeg by boeke van die Bybel asook 'n nuwe mp3 Sessies 4 blad met mp3 boodskappe.

So word die Bybel en God se Gees en Stem lewend en die openbaringe daarin verkry nuwe dieptes. Daarom is dit noodsaaklik om elke boek apart en in geheel te ondersoek. Ds Christo werk stelselmatig en soms beurtelings deur die boeke van die Ou sowel as die Nuwe Testament Kliek asb op die Katalogus-skakel bo aan die blad om by Woordskool nr 29 te sien watter boeke reeds (op CD sowel as DVD), beskikbaar is.

DVD's en CD's

Kry ons katalogus

Aflaai

DvD’s en Cd’s van al die boodskappe is ook beskikbaar. Klik net op die knop hier bo en dit sal vir u die dvd katalogus besonderhede aflaai.